Local newsNewsUpdate

Vermiste boekhouer, 32, se lyk gevind

Die lyk van die vermiste Celeste Pienaar van Krugersdorp is vanoggend (25 Februarie) opgespoor by 'n Johannesburgse lykshuis, vertel die familie.

Die Record het Maandag 23 Februarie ‘n artikel geplaas oor die 32-jarige vrou wat al sedert 12 Februarie vermis word. Sy was ‘n boekhouer by ‘n onderneming in Roodekrans.

Sy is by die Krugersdorp polisie as vermis aangemeld op Maandag 16 Februarie.

Pienaar en haar Toyota Corolla 2007-model, registrasie nommer ZKF 045 GP is landswyd na gesoek. ‘n Man is ook gesoek wat vermoedelik die polisie kon bystaan in hul soektog na haar.

Die Record verneem dat Donovan ‘Daneel’ Scheepers, 30, met Pienaar in ‘n verhouding was sedert 24 September verlede jaar.

Donovan Scheeprs, 30, en oorlede Celeste Pienaar, 32. Foto verskaf.
Donovan Scheeprs, 30, en oorlede Celeste Pienaar, 32. Foto verskaf.

Na aanduiding deur familielede is Pienaar Donderdagaand 12 Februarie oorlede in ‘n motorfietsongeluk in Douglasdale. Omstandighede rondom die ongeluk is steeds onduidelik en word deur die polisie ondersoek. Pienaar is op die toneel oorlede het ‘n polisieman wat by die K9 reddingspan betrokke is, bevestig.

‘n Polisieman en ‘n familie vriend het hulle bygestaan en die lyk is gevind in ‘n lykshuis in Johannesburg.

Scheepers is gisteraand (24 Februarie) in Carletonville by familielede opgespoor. Die polisie ondersoek is nog nie afgehandel nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button