LettersOpinion

Staan sterk, doen jou deel

Baie mense in die Roodepoort omgewing praat oor die “Councillors” wat nooit niks vir hulle doen nie, dat dit nie net Eskom is wat uit mekaar val nie maar ook ons paaie, ons stadspersele, ons water en sommer baie van die infrastruktuur. Meneer/Mevrou dis nie jou raadslid se skuld as ‘n pothole nie reggemaak word …

Baie mense in die Roodepoort omgewing praat oor die “Councillors” wat nooit niks vir hulle doen nie, dat dit nie net Eskom is wat uit mekaar val nie maar ook ons paaie, ons stadspersele, ons water en sommer baie van die infrastruktuur.

Meneer/Mevrou dis nie jou raadslid se skuld as ‘n pothole nie reggemaak word nie, dis ook nie sy/haar werk om die Rooi Lorrie te bestuur as jy die brandweer nodig kry nie. Hoekom bel jy die Councillor as jy die brandweer nodig het, en hoekom in hemels naam bel jy jou Raadslid as jy die ambulans nodig kry?

Hy is ‘n raadslid – verkies (deur die mense wat in ‘n spesifieke gebied bly) in ‘n verteenwoordigende rol op ‘n Stadsraad om jou belange as inwoner van Johannesburg te beskerm en te probeer verbeter. Hy is maar een uit 360 ander wat daar sit in die Stad van Johannesburg. Hy is en sal nooit die “Stadsraad” wees nie!

Hy kan wel tussenbeide tree in gevalle waar mense “Service Delivery failures”rapporteer en dit nie binne ‘n redelike tyd reggestel word nie, ja dan, kan hy dit opvolg met Stads Departemente, en dan ook nie sonder die verwysingsnommer wat jy as inwoner vanaf die Stad verkry het nie. Moet dan ook asseblief nie verwag dat wonderwerke binne 2 sekondes moet gebeur nie, alhoewel dit fantasties sal wees indien die “Response Time” ooit so vinnig sou wees maar ons leef in Afrika en Afrika tyd is nou maar eenmal ‘n realiteit in ons land. Die soort goed vat ongelukkig tyd!

Dan vat ons nou sommer die Councillors ook vas! Meneer/Mevrou die Councillor, hoekom dink jy die son skyn uit jou agterstewe? Is dit omdat jy dink duisende mense het vir jou gestem en nou is jou kop so groot soos ‘n hyskraan?. Hoekom behandel jy, jou Stads personeel met afgryse en sal jy nie skroom om hulle openlik te beledig in openbare vergaderings nie? Het jou ma en pa jou nie van beter geleer nie? Wat het geword van Asseblief en Dankie? Dink jy regtig, elke liewe personeels lid van die Stad stem vir die ander party? “Sien jy dalk ‘n politieke bordjie wat oor ‘n ou se kop hang, as hy dalk vir die Stad werk”? Ek het nuus vir jou!

As jy dalk van jou groot wit perd kan afklim en terugkyk wat jou ma en pa jou geleer het, dan sal jou lewe as Councillor ook drasties ten gunste verander! Die woordjie “Asseblief en dankie” daardie twee woordjies is goud werd in vandag se tyd. Behandel iemand soos wat jy behandel wil word.

Moenie dink jy lyk goed as jy soos ‘n “Hooligan” in die openbaar tekere gaan oor die personeel wat nie hulle werk doen nie. Jy lyk sleg, en jy doen jou Politieke Party se naam net soveel skade aan.

Hoekom dink jy, dat sommige “Councillors” van jou eie party, soveel meer dinge gedoen kry? Is dit nie dalk omdat hy/sy mooi praat en die woordjie asseblief en dankie uiter nie? Is dit nie dalk omdat hy/sy personeel lede waardig laat voel dat dinge gebeur nie? Hoekom dink jy niemand wil na jou luister nie? Is dit nie dalk omdat wanneer iemand of jou skree, of nie eens die ordentlikheid kan hê, om jou eenkant toe te vat en oor die vingers te tik nie maar dit in die openbaar te doen, wat almal in daai vergadering sal besef hierdie ou verdien wat hy toekom …. Dieselfde disrespek wat hy/sy aan ander betoon. Ek wil net aan elke inwoner van Roodepoort sê “ Staan sterk”, doen jou deel as inwoner en rapporteer daai potholes en gebarste pype! Jy as inwoner speel ‘n belangrike rol in die omgewing waar jy bly. Die man by Citypower het ongelukkig nie ‘n Google Sateliet wat pertinent op jou huis en omgewing spy nie, hy kan nie sien as die ligte af is nie! Hy kan dit slegs sien as jy as inwoner dit rapporteer.

Skud daai stof van daai moue af, en doen jou deel! Dis jou plig!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button