Voorsorg moet getref word vir kinders
Ek raak al hoe meer en meer bekommerd oor ons kinders se veiligheid by die skole met al die motoriste. Ouers parkeer by Laerskool Dr Havenga reg voor die skool in Michael Brink straat en hou al die verkeer op want hul staan hul staan en wag vir hul kinders en hou almal op oor …
Ek raak al hoe meer en meer bekommerd oor ons kinders se veiligheid by die skole met al die motoriste.
Ouers parkeer by Laerskool Dr Havenga reg voor die skool in Michael Brink straat en hou al die verkeer op want hul staan hul staan en wag vir hul kinders en hou almal op oor hul selfsugtig is.
By Bastion Hoërskool stop die mense nie eers by die stopstrate nie en jaag net daar verby asof hul op n resiesbaan is. Ons woon n paar n huise van Princess Primary skool af.
Die kleintjies hardloop heen en weer sommer voor die motors in. Hoeveel van die kinders sit to naby aan 4 uur en wag vir hul ouers of saamry geleenthede. Die
bussies stop ook in die middel van die pad.. Self op die voetoorgange en op die sypaadjies wat alle uitsig blok vir aankomende verkeer.
Ek glo dat alles skole hul bes doen om die leerlinge daagliks te beskerm teen veiligheid maar die ouers stel hul in gevaar die oomblik wat hul by daardie hekke uitstap want ouers is selfsugtig en dink net aan hulself.
Iewers moet daar iets kan gedoen word om voorsorg te tref vir ons kinders.



