Kan iemand dalk help?
Ek wil net iets van my hart af kry.Soos julle mense seker al gesien het, slaap oom Gert voor die kafee oorkant sterretjie kleuterskool. Ek het gisteraand vir hom ‘n koppie koffie gevat en iets om te eet.Ek weet nie wie die persoon is wat die trollie tannie gehelp het nie. Kan iemand nie iewers …
Ek wil net iets van my hart af kry.Soos julle mense seker al gesien het, slaap oom Gert voor die kafee oorkant sterretjie kleuterskool. Ek het gisteraand vir hom ‘n koppie koffie gevat en iets om te eet.Ek weet nie wie die persoon is wat die trollie tannie gehelp het nie. Kan iemand nie iewers ook iemand kry om oom Gert te help om in n ouetehuis te kan bly nie? Hy is sekerlik ook al baie oud. Hy het gesê hy het geloop waar hy gebly het want hulle steel sy klere. Hy het ‘n sak met komberse en ‘n matras en net die klere aan sy lyf.
Regtig, as ek kon het ek die oom ingevat by my maar ek trek self swaar. Ek sit al van 8 Januarie af sonder krag. Ek het my krag op 8 Januarie betaal en nou wil hulle dit nie aansit nie omdat ek agter is op die huur. Ek is ‘n enkel ma en my ma bly ook by my. Ek het by die Krugersdorpdam gewerk waar die mense gebly het en almal moes 16 Desember uit gewees het daar. Ons sou Januarie by die nuwe plek begin het na waar die skool geskuif het, maar toe ek bel om te hoor watter dag ons moet begin werk toe word daar vir my gesê daar is nie sponsers vir ons selarisse nie.
Ek het dieselfde week verby die plek gery en van die mense wat saam met my daar gewerk het was daar, snaaks hoe hulle kamstig sponsers het en twee van ons nie. Ek het ook skuld om te betaal en ons moet ook leef en glo my as ek sê ek sukkel ook. Almal sukkel maar hoekom moet mens geskop word as jy lê? Ek het ‘n vrieskas vol vleis verloor omdat my krag af gesit is. Ek het ‘n brief vir haar gegee van die Gauteng Rental Housing Tribunal wat hulle vir haar sê dis teen die wet om my krag af te sit sonder ‘n hof bevel maar dit pla hulle niks.
Ek sukkel om werk te kry. My kind moet by ander mense gaan bly sodat hy tenminste elke aand kan eet en in ‘n warm bad kan vat. Ek kan nie sy skoolgeld betaal nie en hy wil graag in Switserland gaan studeer. Hy wil ‘n chef word. Hy is goed in dit wat hy doen en glad nie lui nie. Hy is nou in matriek en wil skool los om te gaan werk dat hy my kan help.Ons moet trek waar ons bly maar waarnatoe trek ek? Ek bly in ‘n woonstel op die boonste vloer. My ma kan nie werk nie want sy kan nie lank staan nie en kan skaars die trappe op en af loop. Ek voel soos ‘n mislukking en wil nie eers meer leef nie. My kind is besig met sy laaste jaar op skool dis klaar baie stress, hy het nie die stress ook nodig nie.
Dit breek my hart om te sien hoe so ‘n goeie kind so swaar kry, maar elke dag het hy ‘n glimlag op sy gesig en is vriendelik. Maar soos ek begin het met die brief. Eintlik gaan die brief oor oom Gert. Kan iemand asb nie vir hom help om in ‘n plekkie te bly waar hy versorg kan word nie? Geen mens verdien om so op ‘n koue vloer te moet slaap nie.



