MunicipalNews

Van die wal in die sloot met Telkom

Onduidelik wat Telkom se doel met sloot is.

Jenny Botha van Exhibitionstraat is raadop met wat blyk ‘n onvoltooide Telkom-projek te wees.

Ongeveer vier weke gelede het ‘n Telkom-span ywerig ‘n sloot reg voor haar huis gegrawe wat onder andere toegang tot haar voorhek belemmer. Die sloot is van ‘n mini-sentrale af na die pad toe gegrawe.

Botha het gesê hulle is nie vooraf oor die projek ingelig nie en geen komponente is geïnstalleer of verwyder nie. Na die sloot gegrawe is, is dit net so gelaat en niemand het dit weer kom opvul nie. Botha het verskeie kere probeer om by Telkom te kla maar wanneer sy na een van hulle nommers deurgekom het, het hulle óf die foon in haar oor neergesit óf sy moes minute lank aanbly sonder dat sy gehelp is.

Die record het by Telkom se woordvoerder Pynee Chetty aangeklop maar hy het gesê hy wil eers ondersoek instel voor hy kommentaar lewer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button