Stoeiklub maak skoonskip by prysuitdeling
Klub presteer ten spyte van min ondersteuning.
Die Danie van Zyl Stoeiklub bestaan nog net vier jaar en kry min finansiële ondersteuning, maar hulle passie maak op daarvoor.
Die stoeiertjies het hierdie jaar met byna 90 per sent van die pryse by die Sentraal Gauteng-prysuitdeling weggestap. Boonop spog die klub met die enigste Fila-erkende stoeibeampte in die provinsie, Francois de Beer.
Die stoeiers en klub het die volgende pryse ingepalm: beste o.7-stoeier en SA-deelnames – Juan Esterhuizen; beste o.8-stoeier en SA-deelnames – Terence Esterhuizen; deelname SA’s – Willem Nel, Darren Dickman, Keiran Heaney, Christopher Schaper, Daniel Mashinini, Ishmael Saptoe en Ronald Doyle; deelname Noordvaal – Christopher Schaper en Daniel Mashinini; langtermynontwikkelingsprogram- (LTOP-) beampte met die meeste teoretiese punte – DanielMashinini; trofee vir LTOP-beampte van die jaar – Ronald Doyle; sertifikaat vir beste afrigter – Danie Erasmus; sertifikaat vir beste spanbestuurder – Donald Doyle, trofee vir spanbestuurder van die jaar – Donald Doyle; sertifikaat vir spanbestuurder – Tina Doyle; sertifikaat vir beste beampte – Tina Doyle, sertifikaat vir beste administratiewe beampte – Tina Doyle; trofee vir opkomende beampte van die jaar – Tina Doyle; beste toernooi van die jaar – Danie van Zyl Stoeiklub vir hulle Danie Voges Challenge), trofee vir beampte van die jaar – Francois de Beer) en sertifikaat vir afrigter van die jaar – Terence Esterhuizen.



