Laerskool Florida se rugbyspanne het reeds op die eerste dag van die afgelope Super 7’s-rugbytoernooi al hul uitspeelwedstryde gewen.
Die skool is die wenners van dié rugbytoernooi wat vanjaar vir die eerste keer deur Laerskool Kenmare aangebied is, het skoolwoordvoerder Janine Birkenstock die record laat weet.
In die semifinale rondte het hulle met 35-0 teen Laerskool Muldersdrif gewen.
“Met die finaal het hulle stof in die oë van Laerskool Kenmare geskop en gewen met 28-12,” sê Birkenstock.
“Kabelo Mothlabane is gedurende die toernooi aangewys as die opwindendste speler. Levandré Horn is as speler van die toernooi aangewys.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



