Anrike de Vos, ‘n Graad 9-leerling van Hoërskool Roodepoort is gekies vir ‘n leerlingskap by Figures Models Roodepoort.
As deel van haar leerlingskap moet sy welwillendheidswerk doen sowel as funksies reël ten bate van liefdadigheid. Anrike is tans besig om n Kersfunksie vir die Abraham Kriel Kinderhuis te reël as deel van haar leerlingskapportefeulje.
Die meisie met die grootste portefeulje wen ‘n reis na New York waar sy aan die internasionale model- en talentkompetiesie in Julie 2015 sal deelneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



