Local newsNews

NG Constantia Kruin se lekker potjiekos

As deel van NG-gemeente Constantia-Kruin se R1,4m projek het die gemeentelede, onder leiding van sameroeper Vossie Vorster en dominee Anton Fick Vrydagaand ‘n lekker kuier-saam-aand gereël. Al die gaste het heerlik aan kos uit die verskillende potjies gesmul. Van die gemeentelede moes hul eie potjie maak, dit aan die kerk skenk en boonop nog betaal …

As deel van NG-gemeente Constantia-Kruin se R1,4m projek het die gemeentelede, onder leiding van sameroeper Vossie Vorster en dominee Anton Fick Vrydagaand ‘n lekker kuier-saam-aand gereël. Al die gaste het heerlik aan kos uit die verskillende potjies gesmul.

Van die gemeentelede moes hul eie potjie maak, dit aan die kerk skenk en boonop nog betaal om dit te kon eet, sê Vorster met ‘n glinster in sy oë.

Watertand-lekker geure van hoender-, bobotie-, biltong-, afval-, skaapskenkel-, bees-, wilds- en koedoepotte het die lug gevul terwyl bykosse soos koring, stampmielies, rys en brode die tafels laat kreun het. “Die biltong- en afvalpotjies is gewoonlik die gewildste,” sê Vorster.

Fick sê die geld wat die gemeente insamel word aan hulpbehoewendes aan die Wes-Rand geskenk.

Kliek hier vir die foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button