Local newsNews

Sopkombuis bied konsert aan

Fred en Martie se Sopkombuis bied 'n maaltyd vir tot 480 minderbevoorregtes per dag.

Fred en Martie se Sopkombuis bied in November ‘n konsert met Dusty Dixon aan.

Die geleentheid sal by die Experimental Theatre by die Universiteit van Johannesburg op 8 November gehou word en om 11vm begin. Sanger Dusty Dixon sal optree en die boodskap van omgee oordra.

Fred en Martie se Sopkombuis is deur Frederik en Martha Hughes gestig en word tans deur Riaan en Yolindie Oberholzer bestuur. Die sopkombuis verskaf daagliks smaaklike etes aan 80 tot 480 mense. Oor naweke verskaf hulle ook kospakkies aan ouers om vir maaltye voorsiening te maak. Daar word ook vir minderbevoorregte bejaardes voorsien.

“Ons wil ‘n boodskap van hoop aan die gemeenskap oordra en wil hulle verseker dat God met hul saamgaan,” sê die Oberholzers in ‘n persverklaring.

“Deur die publiek maak God dit vir ons moontlik om die sopkombuis se deure oop te hou tot eer en verheerliking van Sy naam,” sê hulle.

“Daar is dae wat ons regtig swaarkry.”

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar teen R100 per persoon. Toegang vir kinders onder die ouderdom van vyf jaar wat op ouers se skote kan sit is gratis. Inwoners kan ook ‘n geldelike bydrae lewer.

Vir verdere inligting, skakel Yolindie Oberholzer by 082 854 6904 of Riaan Oberholzer by 082 786 8517 of besoek die sopkombuis se webtuiste by www.sopkombuis.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button