Local newsNews

Renostervriend stap verder

Francois Myburgh amper reg om 'n volgende 100km te stap vir renosters.

Francois Myburgh (24) tel die dae af totdat hy weer die pad aandurf ter bewusmaking van renosterbeskerming.

Hoewel hy eers tussen 4 en 7 November weer in die pad gaan val, is Myburgh besig om bewusmaking in Witpoortjie te bevorder. Sy missie is onder die aandag gebring van Laerskool Dr Havinga onderwyseres Ilze de Kock, wat die Veldvriende Klub by die skool bedryf.

“Die Veldvriende vat natuurbeskerming ernstig op. Dus het ons en die skool ‘n donasie bymekaar gesit,” sê De Kock.

Donderdagoggend 16 Oktober het De Kock en die skoolhoof, Leon Visser ‘n donasie van R1 000 aan Myburgh oorhandig.

“Ons wens hom voorspoed toe en hoop dat meer mense hom en sy missie sal ondersteun,” sê Visser.

Tussen 4 en 7 November sal Myburgh ‘n verdere 100km stap ter bewusmaking van renosterbeskerming. Donasies en borge sal later aan die Kruger Nasionale Park en Care For Wild oorhandig word. Vir meer inligting of om by hom aan te sluit vir die stap, kontak Francois Myburgh by 084 359 9968.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button