Local newsNews

Karlien en Kandas loop vir Kansa

Die kleuters van Karlien en Kandas Kleuterskool het hul kant gebring in die stryd teen kanker gedurende Borskankerbewustheidmaand. Die kleuters het in hul massas, onder toesig van hul onderwysers en ouers, die strate ingevaar. Net buite hul kleuterskool het die kleuters om die blok begin stap, vanaf Andries Pretoriusstraat na Corlettrylaan, na Michael Brinkstraat en …

Die kleuters van Karlien en Kandas Kleuterskool het hul kant gebring in die stryd teen kanker gedurende Borskankerbewustheidmaand.

Die kleuters het in hul massas, onder toesig van hul onderwysers en ouers, die strate ingevaar. Net buite hul kleuterskool het die kleuters om die blok begin stap, vanaf Andries Pretoriusstraat na Corlettrylaan, na Michael Brinkstraat en na Generaal Pienaarlaan tot hulle weer by die beginpunt ontmoet het. Saam met hulle het verteenwoordigers van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) gestap, onder andere Ester Pretorius van Kansa Wes-Rand en die amptelike Kansa-gelukbringer Toktokkie.

“Is dit nie fantasties nie? Kyk hoe wonderlik lyk hulle in hul uitrustings,” het Pretorius van die kleuters gesê.

Elke kleuter het ‘n wit T-hemp en ‘n pienk Kansa-kopdoek gedra.

Op elke straathoek het die kleuters water, lekkers en ysies gekry wat deur verskeie maatskappye geborg is. Na die stappie is die kleuters na die Verna-bane by Laerskool Dr Havinga geneem waar musiek gespeel is en hulle verder bederf is met koeldrank en lekkers.

Die kleuters en hul ouers het die afgelope paar weke geld ingesamel met borgvorms. Adrie Botha, ‘n onderwyseres by die kleuterskool het aan Pretorius ‘n tjek oorhandig van R11 000.

“Namens die skoolhoof Annemarie Jacobs bedank ons Vernon Axsel van Tax Solutions wat die T-hempies geborg het, en sê ons ook dankie aan Dowry Security, Data Dot, Property Bees en die West Suburbs Roodepoort Neighbourhood Watch vir hul ondersteuning en borge,” het Botha gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button