Local newsNews

Kansa vereër hardwerkende

Sonia Schoeman leef haar passie al 22 jaar.

Sonia Schoeman (58) se medelye met kankerlyers is nie net haar passie nie maar ook haar loopbaan.

Onlangs het die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Noordelike Sakekamer haar vereer met die Werknemer van die Jaar-toekenning vir haar getroue diens. Schoeman wy haar al die afgelope 22 jaar toe aan die saak. Alhoewel sy uit die bankwese kom en tans die Wes-Rand tak se administrasie-ondersteuningsbeampte is, sê sy dat sy wel groot genot daaruit put om deel van ‘n span te wees wat ‘n wesenlike verskil in ander mense se lewens maak. Ander hoogtepunte vir haar in haar werk is die Relay for Life en Shave-a-thon projekte.

Schoeman sê die verlies van haar moeder en verskeie vriendinne aan kanker, het haar passie vir haar werk gekweek.

Schoeman is reeds sedert 1980 ‘n Roodepoorter en sê sy sal sekerlik by Kansa aftree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button