Ten spyte van dreigende reën het die leerlinge van Hoërskool Die Burger gisteraand 15 Oktober omtrent hulle beste voet by hul matriekafskeid voorgesit.
Die reën het gelukkig gewyk en veral die meisies wat die geleentheid by Usambara bygewoon het, groot sorge gespaar.
Meisies se uitrustings het gewissel van sjiek tot sexy en selfs alternatief, terwyl dit duidelik was dat hip-hop ‘n groot invloed op die seuns se uitrustings gehad het.
‘n Hele paar spogmotors het die leerlinge kom aflaai, wat onder andere ‘n Lamborghini ingesluit het.
Tydens kort onderhoude het die Graad 12-leerlinge laat blyk dat die heerlike kos en die dans van die hoogtepunte was waarna hulle uitgesien het.
https://www.youtube.com/watch?v=B9uS8Ixn8HE&feature=youtu.be
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



