Twee leerlinge van Laerskool Florida is onlangs as afdelingswenners by Laerskool Dr Havinga se Redenaarsfees aangewys. Vier skole in die area het meegeding.
Rian Jonck (Graad 2) en Carla Venter (Graad 5) van Laerskool Florida is as die beste sprekers in hul afdeling gekies. Rian en Carla is twee van agt Florries wat deelgeneem het.
“Die Florries het puik presteer en onderwysers Karen Kruger en So-Lize Beyleveld deel graag hul trots met die leerlinge,” sê skoolverteenwoordiger Janine Birkenstock.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



