NewsSchoolsUpdate

Goue seisoen vir Hories-rugby

"Hul uitspeelwedstryde tydens die Goue Leeus Ontwikkelingsliga was net so indrukwekkend."

Die o.9A-rugbyspan van Laerskool Horison is vanjaar as Goue Leeus Ontwikkelingsliga-wenners aangewys.

“Hierdie spannetjie het reeds hul staal gewys deur hul ligawedstryde oortuigend te wen en het ‘n vyfde plek in die mededingende UJ-reeks behaal,” sê skoolwoordvoerder Heide-Mari de Beer.

“Hul uitspeelwedstryde tydens die Goue Leeus Ontwikkelingsliga was net so indrukwekkend.”

Die span het in die kwarteindrondte met Laerskool Modderfontein 12-0 afgereken en vir St Benedicts in die semi-finale rondte 14-0 gewen voordat hulle Laerskool Delville in die stof laat byt het tydens die finale rondte met 21-0.

Volgens hul afrigter Gert Koekemoer het die span as geheel ontwikkel en het elkeen in elke wedstryd hulle deel gedoen. Daar is nie op individuele uitblinkers staatgemaak nie.

“Ons Raakvat Ratels, Horison se o.11A-span, het vir die tweede agtereenvolgende jaar na die finale rondte deurgedring en het tydens ‘n naelbyt wedstryd die knie gebuig teen Laerskool Delville met 5-8,” sê De Beer.

“Ons is baie trots op hul prestasie as Goue Leeus Ontwikkelingsliga o.11-naaswenners.”

Twee van die o.11-spelers, Tiaan Fourie en Divann Senekal is ook in die o.11-Rooi Squad opgeneem..

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button