MunicipalNews

Morsjorse en riool die nuwe vloek van Helderkruin

Stadsraad vererger glo die probleem.

Inwoners van Helderkruin is ongelukkig oor wat besig is om te gebeur met die stroom wat deur die gebied vloei.

Een so ‘n inwoner, Pieter Weideman, het die record die oorsaak van die ongelukkigheid tussen Watson- en Newartstraat gaan wys.

Waar die stroom onderdeur die pad al langs die sogenaamde groen gordel loop, is riool besig om uit die rioolpype langs die moskee in die stroom in te syfer. Die spesifieke punt het ook die plek geword waar sommige inwoners graag allerlei rommel, van huishoudelik tot tuin, kom stort.

Weideman sê dat raadslid Suzanne Clarke en lede van die stadsraad al na die probleemarea kom kyk het. Ongelukkig het die munisipaliteit se kontrakteurs die saak net vererger deurdat hulle die ongewenste plante en bome wat hulle langs die stroom kom afsny het, nie verwyder het nie. Volgens Weideman wat reeds sedert 1977 in Watsonstraat bly gaan die eerste swaar reën al die rommel en die afgesnyde plante en takke met die stroom laat afspoel en die volgende stormwaterdrein verstop. Daar hang ook gereeld ‘n onwelriekende klank in die lug.

“Die probleem kan met ‘n klein bietjie ingenieursvernuf opgelos word maar die Stad wil blykbaar kortpaaie vat,” sê Weideman.

“Dis ook ‘n skande en ‘n jammerte dat daar inwoners is wat lukraak hulle rommel hier kom stort en onder andere die stroom besoedel. Toe ons in die sewentigs hier ingetrek het, het die buurt se kinders heerlik in die stroom baljaar en kon jy die water drink so skoon was dit,” sê ‘n mismoedige Weideman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button