NewsSchools

Florries hou bo-baas entrepreneursdag

Sowat 120 van Laerskool Florida se Graad 7 leerlinge het aan die afgelope entrepreneursdag deelgeneem.

Sowat 120 van Laerskool Florida se Graad 7 leerlinge het aan die afgelope entrepreneursdag deelgeneem.

Altesaam 60 stalletjies is opgestel waarvan die Graad R tot Graad 6-leerlinge en onderwysers kon kies en keur. Die Graad 7 leerlinge het entrepreneursdag aangebied as deel van ‘n Ekonomiese- en Bestuurswetenskap (EBW) opdrag, vertel skool verteenwoordiger Janine Birkenstock.

“Hulle het hul uitstekend van hulle taak gekwyt.

“Die leerlinge het deeglike beplanning en begrotings ingedien en hul eie advertensies ingesluit,” het Birkenstock gesê.

Elke stalletjie is sorgvuldig opgemaak gewees met interessante produkte wat te koop was, onder andere koeldrank, sjokelade, ‘snow cones’, hoender nuggets, worsbroodjies, fudge en biltong.

“Die kinders was ook die geleentheid gegun om die Graad 7-leerlinge met waterbalonne te gooi, papiervliegtuigies te vou en ver te gooi vir ‘n prys en selfs om ‘n ou motordeur met ‘n hammer te slaan.”

Birkenstock sê graag welgedaan aan elke leerling wat deelgeneem het en bedank Meneer Matt Snyman wat die dag se verrigtinge georganiseer het.

Mnr du Toit (skoolhoof) saam met Taylor Lange en Corné Pennels met hul ‘snow cones’ en kondensmelkinspuitings.
Mnr du Toit (skoolhoof) saam met Taylor Lange en Corné Pennels met hul ‘snow cones’ en kondensmelkinspuitings.
Ashley Voges, Aletta Petzer en Alecia Sklar met hul lekker soet eetgoedjies.
Ashley Voges, Aletta Petzer en Alecia Sklar met hul lekker soet eetgoedjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button