NewsSchools

Roodies sê skaakmat

Laerskool Roodekrans se skaakspan kom sewende provinsiaal.

Laerskool Roodekrans is tops in skaak.

Roodies se o.13-skaakspan het onlangs aan die Gauteng Top Schools kampioenskappe deelgeneem, vertel skoolwoordvoerder Marike Cronjé.

“Hulle het reeds om 8vm begin speel en eers 7nm met die rondtes klaargemaak.

“Dit was ‘n lang dag van konsentrasie, maar hulle harde werk het vrugte afgewerp.”

Die skaakspan het sewende geëindig in dié provinsiale toernooi. Die span bestaan uit Liaan Kruger, Richter Bredenkamp, Nico Roux, Arno Rousseau, Marco Serfontein, Claude van der Schyff en Dwayne Reinecke.

“Die skool is baie trots op hul prestasie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button