Editor's choiceLocal newsNews

Chaos en hartseer by die Burger

Geen ink en papier by skool.

Ouers en leerlinge by Hoërskool die Burger is woedend, hartseer en verward nadat sewe onderwysers en een administrasieklerk gister (31 Julie) sonder seremonie ontslaan is.

Die insident is blykbaar net die oortjies van die seekoei aangesien die record oorval is met oproepe van ouers en leerlinge.

Die volgende aantygings is herhaaldelik gemaak:

• Die hoof, Basie Smit het na bewering aan die kinders gesê dat hy “nie meer omgee nie aangesien die skool in elk geval die einde van die jaar gaan toemaak”. Hy het glo ook aan leerlinge gesê dat dit hulle en hul ouers se skuld is dat die onderwysers moet gaan aangesien die ouers nie skoolfonds betaal nie.

• Daar is geen nuwe handboeke sedert die begin van die jaar nie.

• Daar is geen papier en ink by die skool nie.

• Een van die administrasiepersoneellede het uit haar eie sak papier gekoop.

• ‘n Onderwyser is met regstappe gedreig toe hy uit desperaatheid ‘n handboek wou fotokopieer.

• Tot soveel as 11 klasse op ‘n slag sit ledig in die son aangesien daar nie onderwysers is om oor hulle toesig te hou nie.

• Dissipline by die skool het na bewering so ‘n laagtepunt bereik dat van die leerlinge te bang is om skool toe te gaan.

• Die leerlinge begin volgende week met eksamens maar daar word gevrees dat druip hulle voorland is as gevolg van die sameloop van omstandighede.

• Van die personeel is al vir drie maande nie betaal is nie.

Die record het die skool gekontak maar die persoon wat die foon geantwoord het, het gesê dat Smit nie beskikbaar is nie “aangesien hy toegegooi is”. Die persoon het wel die beheerliggaamvoorsitter, Shereen Baily, se foonnommer verskaf.

Op die vraag of die skool gaan sluit, het Baily geantwoord dat dit “nie heeltemal die waarheid is nie”. Sy het verduidelik dat die onderwysers wat laat gaan is, dié is wat deur die beheerliggaam betaal word. Sy het verduidelik dat daar geen fondse is om die onderwysers te betaal nie aangesien die ouers nie die skoolfonds betaal nie. Baily skat dat soveel as 90 persent van die skoolfonds uitstaande is.

Baily het verder gesê dat dit die leerlinge raak slegs deurdat daar meer leerlinge per klas sal wees. (Volgens een leerling is daar aan hulle gesê dat hulle nou sowat 60 per klas sal wees.)

Baily sê ook dat ‘n ingrypingsplan daargestel is waarvolgens daar naskoolse klasse aangebied sal word vir leerlinge wat geraak word.

Die skool het ook ‘n vergadering met die ouers op 2 Augustus belê. Volgens Baily sal hulle dan aan die ouers die erns van die uitstaande skoolfonds verduidelik en poog om ‘n onderneming van die ouers te kry om skoolfonds te betaal.

Lesers is welkom om op hierdie artikel kommentaar te lewer op Facebook en Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

10 Comments

  1. Ek was in die skool en dinge was nooit so beroerd ek kan nie glo hoe ons skool agter uit gegaan het ek se dit is hoekom die kinders nie meer getigtig mag word nie hulle maak net absotliet wat hulle wil en waar dit kom by skool vons kom vat die ouers hof toe as hulle drank kan koop kan hulle af betaal op hulle kinders se geleerdheid en hoe die hel kan die onderwysers nie betaal word dit is n staat skool plaas die staat minder aan Zuma se huis bou en begin aandag gee aan ons skole julle sal liewer sien dat Zuma lekke bly as wat julle die toekoms van ons land sal regruk ek se bring lyf straf trug sodat hulle maniere op die ou manier geleer word

  2. Daai skool is al n ruk lank besig om agter uit te loop toe ek in die burger was en so hele ruk nog terug was hulle een van die skole wat die beste in sport presteer het en uitstekende leerlinge gehaad het, maar om n uitstekende leerling te wees moet jy uitstekende onderwysers en n hoof he. Die goed wat nou in die koerant geskryf is van daai skool is net n rapsie wat daar aan gaan. Daai hoof is nie vir daai skool nie kom ek se julle mnr bezuidenhout sal die ideale hoof wees vir daai skool en dan glo my sal dinge beter gaan. Kyk na ander skole bv florida daai skool is n spog skool hkm want die hoof en onderwysers gee om en hulle reel finksies en vir al daai goed moet n mens betaal om by te woon nee maar party skole se howe en onderwysers wil net agteroor sit en niks doen geld en alle ander goed moet mos uit die lug uit val. Hkm betaal die ouers nie meer skoolfonds nie want hulle sien die geleerdheid en aandag wat hulle kinders kry dan meen hulle mos hkm moet hul betaal vir so iets. Kry n nuwe hoof “mnr bezuidenhout”. En begin die kinders beter opvoeding gee en aandag en glo my daar is ouers wat we’ll af is wat beruid sal wees om daai skool te help dan sal als miskien weer reg kom, daai skool is al erger as die goverment hospitale swak en deur die k@k asb as daar stappe geneem gaan word hoef daai skool nie toe te maak nie dan kan dit nog vir lank hoerskool die burger wees. Vat die ouers vas wat nie skoolfonds betaal nie doen iets omtrent dit, nee swak is nie n woord nie hoor en nie net die ouers nie die skool ok want hul doen tog niks omtrent dit nie. Kry n hoof wat al daai ding kan doen en nie net heeldag agteroor wil sit nie. Skrik wakker voor dit te laat is.

  3. Eks n leerling van die burger , en is bang om skooltoe te gaan omrede daar vandag n meisie gerob was in die meisies batkamer en die hoof net vir haar gese hyt belangriker goed om te doen ! Hoerskool die burger is besig om agteruit te gaan en ek en my vriende het n vrees om skooltoe te kom na wat vandag gebeur het

  4. Dit is so hartseer. Iemand wat daar gestel is om die skool se hoof te wees, die persoon wat die kinders na moet opsien, gee nie om ni. Toe my dogter 6 jaar gelede in st 6 was, was daar n betoging. Hul wou Basie Smit uit skool he. Plaas dat dit toe gebeur het dan was daar dalk minder probleme want van daar af het dinge net al hoe erger geword. Vir die afgelope 6 jaar kan mens gedurende enige dag verby die skool ry, daar is altyd kinders buite hul klasse sonder toesig. Die personeel is keelvol en negatief en die kinders ongedisiplineerd. Die wat wel nog belangstel in hul skool werk is gefrustreerd want daar gebeur nie veel in die klasse ni. My skoolfonds is voluit betaal maar ek was wragtig ook al lus en betaal nie want daar word dan nie gewerk ni. Ten spyte van my skoolfonds wat betaal is, kry mens n pleitbrief met volledige agterstallige rekening om skoolfonds te betaal. Wat gaan in rekening afdeling aan? Waar is rekords van geld of dalk geld.

  5. Ek is n leerling van Hoërskool di burger en hul wyer my raport seder sekere omstandighede want vandag tu ek vra vir my raport tu se hulle hul kan hom ni gee ni want my ouers was ni saterdag 2 Augustus by di vergaardering ni,ons moes seker van Bloemfontein af gery ht net om my raport te kom haal en ek is seker dt is ni nt ons ni maar ook baie ander ouers wt dt ni kon bywoon ni seder di selfde omstandighede as ons

  6. Eks in H/s florida ni eens daai skool is so stunning soos wat almal se ni as jul net geweet het wat gaan aan in daai skool nie al di skole is so goed soos hul se ni maar H/s burger rrg kom an man! Wat gaan daar an??? Eerstens di leeders kort straf! En 2de kort beter onnies 3de maak alle bank plekke 2 en kry security oral en halfte van burger se meisie deesdae weet glad nie hoe om netQiis aan te trek ni en te gedra ni deesdae is hul bene oop en rompies kort daar moet iets aan gedoen word en drug test vir almal eks seker almal het sekerlik gehoor van by burger kom j in met n tas en uit met n pram nee nee nee eks seker ek sal selfs n beter hoof wees as daai hoof van burger dis die onderwyser en kinders as daar beter onnies is sal die kinders beter optree en die snaakse goed bv S*x ens doen ini badkamers en opi trappe ni neh!

  7. Ek is ‘n ouer by Die Burger met 2 kinders in die skool. Ek as ouer vra om ons asseblief te help. Ons kort ink vir die drukker & papier. Eksamen moet begin. Leerlinge kan nie vraestelle ontvang nie. Ons kort ook toiletpapier. Daar is nie oop plekke by ander skole nie. Daar is tot dusver geen ander heenkome vir die leerlinge nie. Asseblief. Gemeenskap. Help ons. Ouers, asseblief. Kom ons staan op en help ons skool – ons kinders. Daar is kinders wat ‘n geleerdheid wil he. Help ons asseblief. Skakel Adele op 084 705 0013 of epos adele.tarix@gmail.com

  8. Waner gryp die departement in? Waar is Dr Cotze? Hy het dai skool in plek gehou…. Basie en al sy sterioiede is die oorsaak van al dai skool se probleme, fire hom dan sal als reg kom…..

  9. Red ons skool aub wyle Mnr Wildenboer draai in sy graf om. Dit was altyd n skool vir meesal arm ouers. Dit is die staat se plig om die skool te dra. Ek hoop nie dis n rasistiese stap nie. !!!

Back to top button