Local sportSportUpdate

Ma en seun verower tennistrofeë

Hierdie jaar se klub tenniskampioenskappe lewer 'n wennergesin op.

Die jaarlikse tenniskampioenskappe by die Discovery Tennisklub het besonders goed gegaan vir Neil en Lina Swart.

Daar was groot opwinding toe beide die mansenkelspel- en damesenkelspeltrofeë aan ma en seun oorhandig is. Dit is die eerste keer dat so iets gebeur sedert die stigting van die klub in 1945.

“Lina en Neil is albei wenners en die klub is baie trots op hulle,” sê klubvoorsitter Berlina van Styp.

Volgens haar groei die klub en verwelkom hulle gereeld nuwe lede.

“‘n Aangename gees heers onder die lede en daar word gereeld heerlike etes aangebied wat opgevolg word deur rondomtalies.”

Van Styp sê dat hulle aan verskeie ligas gedurende die jaar deelneem, en dat die hoogteput vir haar die Discovery Gemengde Dubbelstoernooi is waar verskeie klubs meeding om die wisseltrofee.

Die Dubbelstoernooi word hierdie jaar op 3 Augustus gehou en beloof om ‘n klein Wimbledon in eie reg te wees, sê sy.

Vir verdere besonderhede oor die Discovery Tennisklub kontak gerus Berlina van Styp by 083 266 8581.

Related Articles

Back to top button