Local newsNewsSchools

Boeresport hou kinders uit strate

Die Wesrandse Studiesentrum in Witpoortjie het 'n spesiale vakansieplan.

Die Wesrandse Studiesentrum in Witpoortjie, wat as naskoolsentrum vir kinders in die area dien, het ‘n slim plan beraam om kinders uit die strate te hou dié skoolvakansie.

In plaas van toemaak of om die normale roetine te volg, is ‘n spesiale vakansieplan uitgedink vir kinders wat dié sentrum bywoon. Hoof Hester Janse van Rensburg het verlede Donderdag (3 Julie) vir die kinders jukskei aangebied tydens ‘n boeresportdag by die sentrum.

“Ek geniet jukskei en het jare lank provinsiaal gespeel in Kroonstad,” sê Janse van Rensburg.

“Ons het besluit om vir die kinders ‘n boeresportdag te hou sodat hulle aan sportsoorte kan deelneem waaraan hulle nie andersins blootgestel sou word nie.

“Buitendien is die doel van die vakansieplan om hierdie kinders uit die strate te hou en sodat hulle veilige pret kan hê.”

Buiten jukskei het die kinders ook met die eierresies kennis gemaak en ‘n hindernisbaan in spanne voltooi. Janse van Rensburg sê dat ‘n ander aktiwiteit of reeks aktiwiteite elke dag by dié sentrum aangebied word.

Die skoolvakansie eindig op Vrydag 18 Julie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button