Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNewsUpdate

Agter die kulkuns: André Hermanus

Sy professionele lewe en stokperdjie as kulkunstenaar is wêrelde van mekaar verwyder, sê André.

Agter die kulkuns is ‘n saggeaarde, intelligente André Hermanus alewig aan die gesels.

Hy geniet graag ‘n koppie koffie saam met vriende en sal dan en wan hulle verras met ‘n nuwe truuk. Hermanus (53) is al 27 jaar lank getroud en hulle het twee kinders, Jacqueline (24) en Jason (23). Hy is gebore in Wynberg in die Kaap en het in die tagtigerjare in Haddon in die suide van Johannesburg gewoon. Daarna het hy Wes-Rand toe getrek en bly tans in Discovery.

Sy professionele loopbaan sal diegene verras wat hom vir sy kulkuns ken. Hermanus is ‘n netwerkontwerpsingenieur vir Telkom Suid-Afrika.

“My werk is digitaal en behels baie en fyn beplanning,” sê hy.

Kommunikasie en netwerke het hom nog altyd gefassineer, net so lank as wat kulkuns het, vertel hy.

Sy grootste uitdaging as dit by kulkuns kom is as ‘n gehoor nie reageer nie.

“Ek het nog nooit regtig moeilike gehore teëgekom nie – moeilik is meer soos ‘n gehoor wat nie reageer nie.”

Die geheim is om ‘n post mortem van jou optrede te doen, vertel hy.

“Dink na oor wat jy gesê het en of jou truuks geskik was vir die gehoor voor wie jy opgetree het, en pas jou vertoning aan.”

Hermanus gaan hou graag aan die Weskus saam met sy familie vakansie.

“Dalk moet ek eendag op die Weskus aftree; dalk in Langebaan.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button