Editor's choiceLocal newsNews

O pampoen, wat het ons hier?

Basterpampoene laat inwoner kopkrap.

Twee jaar terug het Hennie Swanepoel van Raathstraat, Horison, Hubbard-pampoene in sy erf geplant, en die daaropvolgende jaar die Crown-variëteit.

Groot was sy verbasing egter hierdie jaar nadat hy die pitte van sy laasgenoemde oes geplant het. Op die een of ander wyse het die twee variëteite verbaster en nou sit Swanepoel met pampoene wat kenmerke van albei dra.

“Vir ander mense sal dit dalk nie so vreemd wees nie maar vir my was dit nogal ‘n aardigheid,” sê ‘n ingenome Swanepoel.

Die enigste vraag wat nou oorbly – is dit Hubbard Crowns of Crown Squashes?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button