LettersOpinion

Jeanou groet Roodepoort

Op 4 Januarie 2010 het ek vir die eerste keer voet in Caxton se kantore in Witpoortjie gesit.

Aan Roodepoort.

Op 4 Januarie 2010 het ek vir die eerste keer voet in Caxton se kantore in Witpoortjie gesit.

Van daar moes ek – om weer van voete te praat – letterlik eers my voete vind en artikels begin skryf het maar dit was ‘n stadige proses. Eers een artikel, dan vier, vandag 15 per week. Wat nog te sê van die foto’s.

Na byna vyf jaar wat ek, Clinton Botha met ‘n ‘great’ gemeenskap gewerk het, sal ek vir tyd en wyl vaarwel moet sê. Ek gaan Randfontein toe as redakteur.

Mens wil graag vir honderde mense dankie sê vir die geleentheid maar omdat ek gewoond is aan (soos die Engelsman sal sê) ‘n ‘limit’ verwys ek na almal wie ek ken.

Twee mense vir wie ek rêrig graag wil bedank is my eerste en nou oorlede redakteur Jacques Coetzee wat my in die eerste plek ‘n kans gegee het om hier ‘n loopbaan te kon begin, asook huidige redakteur Tihan van der Walt wat my geduldig onder sy vlerk geneem het.

As ek met myself ‘n onderhoud moes voer en vra watter drie dinge ek geweldig gaan mis sal dit eerstens die record wees (sy mense, die gevoel van die koerant en al sy aksie); tweedens Poorte (wat almal pakslae gee en met wie ek in my loopbaan by die record ‘n pad gestap het) en derdens my kollegas wat dit die moeite werd gemaak het om in die oggende op te staan.

As ek myself moet vra wat die beste oomblik nog by die koerant was, is dit elke dag – enigiets wat te doen gehad het met sport. En vir oulaas, vir dié wat nog wonder, ek is en sal altyd ‘n WP- en Stormers-ondersteuner bly.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button