NewsSchools

Lanternskool beplan groot revue vir 30ste verjaardag

Skool bevestig dat die revue vier dae aangebied sal word.

Lanternskool beplan ‘n revue van ‘epidermiese proporsies’ in Augustus wanneer die skool hul 30ste bestaanjaar vier.

Die revue sal vier dae van 11 tot 14 Augustus aangebied word.

Lanternskool – ‘n skool vir leerlinge met spesifieke onderwysbehoeftes – is in 1984 onder leiding van Robbie Robinson gestig. Daar was 12 leerlinge in Januarie 1985 toe die skool sy deure vir leerlinge oopgemaak het.

Sedertdien het die skool gegroei en in 1993 het die eerste matrieks hulle skooljare afgesluit. Die skool het Engelssprekende sowel as Afrikaanssprekende leerlinge, en van hulle word van so ver as Randburg en Randfontein af na die skool toe vervoer.

“Vanjaar word daar behoorlik fees gevier en omdat die skool 30 jaar oud word. ‘n Wonderlike revue is deel daarvan,” sê Rina la Grange van die skool.

“Dit is ‘n spesiale geleentheid en ons vra dat oudleerlinge sowel as voormalige onderwysers deel sal wees van die feesvieringe.”

Indien jy ‘n oudleerling of -onnie is, e-pos jou adres of telefoonnommer na Ronel Botha by die skool by 011 760 1096/7 sodat verdere inligting deurgegee kan word.

Le Grange het dit beklemtoon dat die publiek ook welkom is.

• Navrae: Rina la Grange by 011 760 1096/7.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button