Hoërskool Florida het die afgelope naweek sy mooistes, Mnr en Mej Florida, tydens ‘n glansaffêre gekroon.
In die junior kategorie vir dogters is Nicole Liebenberg as die 2de prinses, Elindi Bezuidenhout as die wenner en Michelle Moolman as die eerste prinses aangewys.
Vir die seniors het Cilene Swanepoel met die kroon weggestap terwyl Michaela Botha as die 2de prinses en Bernelee Janse van Rensburg as die 1ste prinses aangewys is.
Wat die jong manne aanbetref is JP de Jager vanjaar se 2de prins, Roan Gonsalves die wenner en Declan Robertson die 1e prins.
Die top drie in die senior kategorie vir manne is Marc Botha die 2de prins, Ricco de Lange die wenner en Christiaan Theron die 1ste prins.
Die spoggeleentheid het in die skoolsaal plaasgevind en is deur talle ouers, leerlinge, personeel en verskeie bekende gesigte bygewoon. Gaskunstenaar vir die aand was oud-Florrie Joe Foster wat deel was van die groep Adam en ‘n voormalige Miss Teen en 2014 Mej Suid-Afrika-finalis, Tayla Robbinson. Albei was ook beoordelaars.






