Editor's choiceLocal newsNews

Gehawende verkeersligte geignoreer

Publiek rapporteer maar niks gebeur.

Verkeersligte by drie besige kruisings in ‘n 1km radius in Witpoortjie funksioneer nie optimaal nie.

Ten minste een verkeerslig by elk van die kruisings van Corlettlaan en Ontdekkersweg, Corlettlaan en Albertina Sisuluweg en Albertina Sisuluweg en Generaal Pienaarlaan is beskadig.

‘n Metropolisielid wat annoniem wil bly sê dat hy reeds meer as ‘n maand lank die probleem by die Johannesburgse Padagentskap aanmeld maar dat hulle nie daarop reageer nie. Hy het uitgedui dat al drie kruisings bekend is vir ongelukke en dat hy sou dink die padagentskap dit ‘n prioriteit sou maak.

Ben Stander wat saam met sy pa ‘n visvanggereedskapswinkel op die hoek van Generaal Pienaarlaan en Albertina Sisuluweg besit sê dat daar gereeld byna-ongelukke plaasvind as gevolg van die verkeerslig wat buite werking is by die kruising reg oorkant hulle besigheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button