School sportSport

Kruiner ontvang vier pryse vir swem

"Ons wens hom sterkte toe met sy swemloopbaan."

Luan Purchase, ‘n Graad 6-leerling van Laerskool Helderkruin swem glo so goed dat die visse skaam kry.

Luan het nou ‘n nuwe reputasie nadat die jong man tydens die Florida Swemklub se jaarlikse prysuitdeling met talle pryse weggestap het.

Hy het nie net ‘n prys vir sy 100 persent klubbywoning ontvang nie maar nog drie pryse vir ‘n eerste plek tydens die klubkampioenskappe, ‘n eerste plek vir sy deurlopende deelname en tweede plek vir langafstandswem.

“Ons wens vir Luan sterkte toe met sy swemloopbaan,” sê Isobel Mitchley van Kruiners.

Related Articles

Back to top button