Local newsNews

Giftige grondboontjiebotter eis honde

Inwoners moet vinnig reageer as honde blaf.

Donderdagoggend vroeg (15 Mei) is vier honde in Cameliastraat vergiftig.

Twee van Justin Nettmann se vier bull terriers en sy buurman se twee honde vergiftig. Die motor van ‘n besoeker by Nettmann was voor die huis geparkeer en dié se wieldoppe is afgesteel.

Volgens Nettmann is ‘n verdagte rooi Nissan bakkie opgemerk maar dié het weggejaag toe ‘n inwoner ondesoek ingestel het.

Die honde is volgens Nettmann vermoedelik met die bekende two-step vergiftig wat met grondboontjiebotter en toiletpapier gemeng is.

Nettmann vrees dat die buurt nou deur misdadigers geteiken gaan word en vra dat inwoners vinnig moet reageer as hulle hul honde hoor blaf.

Die polisie was op die toneel en het verklarings afgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Roodepoort Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button