Elections 2014Local newsNews

Stad woeker nie genoeg — VF Plus

Stad kan meer inkomste genereer volgens VF Plus raadslid.

Vryheidsfront Plus Raadslid (VF+), Franco de Lange, het hom fel uitgespreek teen die Johannesburgse Metroraad se omgang met die stad se eiendomsportefeulje.

“Die Johannesburgse Metro het geen politieke wil om die Munisipaliteit se bates te ontgin en sodoende meer inkomste vir die Metro te genereer nie”, sê die VF+ raadslid in die Metro, Franco de Lange.

Volgens de Lange is die Metro reeds vyf jaar besig om die munispale bates te oudit.

“Die proses is nog ver van klaar. Die oudit se begroting is ook onlangs gesny wat die proses net nog langer gaan uitrek. Verder het dit ook duidelik geword dat daar nie genoeg fondse is om basiese onderhoud aan die Metro se eiendom te doen nie”.

Die waarde van die Metro se eiendomsportefeulje word op bykans R5.7 miljard geskat.

“Die VF Plus is van mening dat die Johannesburg Metro werk kan skep deur slegs onderhoud op die bestaande eiendomsportefeulje te beplan en uit te voer. Daar by saam moet daar vining begroot word om die ouditproses af te handel sodat alle eiendom in die proses betrek kan word.

“Hoe is dit moontlik dat ‘n onderneming soos Johannesburg Metro nie kan bepaal waar sy eiendom is nie? Dit wil voorkom asof die Metro slegs belasting kan en wil invorder, terwyl geen pogings aangewend word om met bates te woeker en so meer fondse vir die Stad te genereer nie”, het De Lange in ‘n onlangse raadsvergadering gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button