Local newsNews

Slaggate in Serissa ruk weer hand uit

‘n Jaar en ‘n half nadat inwoners van Serisastraat in Roodekrans oor erge slaggate gekla het, het hulle presies dieselfde probleem. Roodepoort Record het op 13 September 2012 oor die swak toestand van die straat verslag gedoen. Die Johannesburgse metroraad se paaie-agentskap (JRA) het die wel in die afgelope jaar die slaggate herstel, maar met …

‘n Jaar en ‘n half nadat inwoners van Serisastraat in Roodekrans oor erge slaggate gekla het, het hulle presies dieselfde probleem.

Roodepoort Record het op 13 September 2012 oor die swak toestand van die straat verslag gedoen.

Die Johannesburgse metroraad se paaie-agentskap (JRA) het die wel in die afgelope jaar die slaggate herstel, maar met ‘n metode wat nou al bekend is dat dit slegs ‘n korttermyn oplossing bied. Die gate word net met sand gevul en dan geteer.

Behalwe dat dit onooglik is, kan dit ook nie swaar verkeer of ‘n reenseisoen soos die pas afgelope een weerstaan nie.

Met ‘n besoek aan die straat was daar sowat twintig lelike slaggate waarvan dertiental op só ‘n manier aan mekaar grens, dat daar vir motoriste bykans geen manier is om een of meer te mis nie.

Die groep slaggate lê ook sekere tye van die dag reg in die koeltestroke van bome wat veroorsaak dat hulle nie sigbaar is nie totdat dit te laat is.

Die straat is ook in die oggende en laat smiddae onderhewig aan redelike swaar verkeer wat vanaf Roodepoort na Krugersdorp en terug lei.

https://www.youtube.com/watch?v=zL17aIgscRQ&feature=youtu.be

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

2 Comments

  1. Goodday
    I live in this street aswell and every time there is something wrong I report it. I report the pot holes on 05/03/2014 to the JHB muncipality, on the 1st of April I phoned them to found out when this going to be fix. They told me the case has been closed because they could not find the address. They re-open it again with a new reference number for me. I even phoned Suzaan Clark and ask can`t they re tar the road, which she said no there is no money.

  2. I also live is Serissa, apart from all the potholes in the road the most motorist think it is n raceway as they speed up in down in the road ignoring the white lines and some of them the potholes

Back to top button