Local newsNews

Riool bederf pragtige stroom in kompleks

Spog kompleks bederf deur stink riool stroom.

‘n Inwoner van Eikendal Villas in Helderkruin, Braam van den Berg, het die Record laat weet van ‘n onwelriekende probleem waarmee hy en sy bure in dié andersins pragtige kompleks opgeskeep sit.

Die kompleks het pragtige tuine wat afloop tot by die Wilgespruit wat deur die kompleks se tuin vloei. Tot sowat drie weke gelede was dit nog ‘n lushof en die perfekte plek om te ontspan.

Maar na die erge reën het Van Den Berg opgemerk dat daar riool in die stroom afspoel en kort daarna het die onuithoubare stank gekom.

Tans kan mens omtrent nie naby die stroom kom as gevolg van die stank nie en vuil skuim dryf op die oppervlak van die stroom.

Van den Berg sê dat met ‘n bietjie speurwerk kon hy vasstel dat daar ‘n rioolpyp hoër op by een van die komplekse agter die Kloofendal Natuurreservaat gebars het. Die riool beland dan in die stroom wat deur die Eikenhof Villas-perseel vloei en eindig uiteindelik in Little Falls-oord op, wat ‘n populêre bestemming vir buitelugentoesiaste is. Van den Berg het die probleem reeds vier keer gerapporteer maar sonder enige sukses.

Karin Spottiswood van Friends of the Kloofendal Nature Reserve (Frok) kon aan die Record bevestig dat dit nie uit die reservaat se dam kom nie. (Van den Berg het aanvanklik so gedink.)

Die Record kon ook nie Joburg Water se woordvoerder, Milicent Kabwe, bereik om die probleem te rapporteer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button