VF+ onderhandel vir verdere grondbelastingkorting
Daar is ‘n klein bietjie lig aan die einde van die tonnel vir pensioentrekkers. Die Vryheidsfront Plus het in ‘n mediaverklaring laat blyk dat hulle met die Metroraad gaan onderhandel om 60 jarige ouderdom as die afsnypunt vir die 100 persent korting op grondbelasting in plaas van die huidige 70 jaar te maak. Dit volg …
Daar is ‘n klein bietjie lig aan die einde van die tonnel vir pensioentrekkers.
Die Vryheidsfront Plus het in ‘n mediaverklaring laat blyk dat hulle met die Metroraad gaan onderhandel om 60 jarige ouderdom as die afsnypunt vir die 100 persent korting op grondbelasting in plaas van die huidige 70 jaar te maak.
Dit volg nadat VF Plus metro-raadslid Franco de Lange se soortgelyke versoek tydens die 2012 / 2013 belastingjaar deur die Metro goedgekeur en inwerking gestel is.
“Met vanjaar se versoek wil ons ook graag sien dat persone bo 60 jaar – met ‘n inkomste van minder as R10 000 per maand – ‘n 100 persent korting op hul grondbelasting ontvang. Verlede jaar het die Metro die korting slegs aan pensioenarisse toegestaan wat minder as R 7 000 verdien het. Verder vra ons ook dat ‘n korting van 50 persent vir die persone wat minder as R15 000 verdien ingestel word, in teenstelling met verlede jaar se besluit waar pensioenarisse slegs vir ‘n persentasie korting gekwalifiseer het as hulle ‘n maandelikse inkomste van R12 000 of minder gehad het”, sê De Lange.



