Local newsNewsUpdate

Metrobus gee hoopvolle nuus

Agt maande later en geen verandrings by Metrobus.

 

Nadat die Record navraag gedoen het names ongelukkige pendelaars wat van Metrobus se dienste gebruik het die diens met positiewe nuus gekom.

Met die uitreik van die eerste tender was daar aanvanklik nie groot aftreks nie maar op 17 Januarie is ‘n nuwe tender uitgereik vir ‘n 100 busse waarvan die koste R300 miljoen sal beloop.

Volgens die planne sal daar 451 busse wees – 163 dubbeldekker en 288 enkeldekker busse.

Daar sal daagliks 1 941 vertrekke wees en omtrent 80 000 passasiers per dag sal karwei word. Die busse sal van Metrobus se Milpark en Roodepoort depots bedryf word.

Een van die sleutelpunte van die plan is dat slegs Europay, Mastercard en Visa as betaling aanvaar sal word en geen kontant meer nie.

Die algehele kontrak sal ‘n subsidie van R2,7 biljoen oor 12 jaar benodig wat ‘n gemiddeld van R230 miljoen per jaar beloop.

Die plan sal in drie fases geïmplementeer word en daar is reeds in Februarie begin met die aankoop van die nuwe vloot busse.

Vir die volledige storie lees volgende week se Record

Metrobus weer terug met ou streke — 14 March

In Augustus 2013 het die Record onder die dekmantel die tekortkominge en probleme by Metrobus oopgevlek deur onder andere oortredings op video vas te lê.

Toe Metrobus wel reageer was dit positief en met weldeurdagte planne.

So het die tussentydse besturende direkteur van Metrobus, Lawrence Maqekoane, belowe dat ‘n derde van Metrobus se busse deur eko-vriendelike busse vervang gaan word en erken dat die vloot busse op daardie stadium reeds oneffektief en onbetroubaar was.

Hy het ook belowe dat skelmbusbestuurders vasgevat sou word.

Dit is nou egter agt maande later en onlangs het die klagtes oor Metrobus bestuurders weer begin opduik.

Busse is glo steed verwaarloos en vuil, padreëls word geinoreer en spoedbeperkings word oortree. Een dame het selfs gekla dat daar in groot graffiti op die bus na geslagsorgane verwys word.

Die Record wag op kommentaar van Metrobus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button