Local newsNews

ATKV bied Paasmusiekaand in April aan

Die ATKV Quellerina nooi inwoners om 'n wonderlike aand mee te maak.

Die ATKV Quellerina nooi inwoners om op Vrydag 11 April by hulle aan te sluit by die NG Kerk Quellerina. Hulle jaarlikse Paasmusiekaand begin daar om 7nm.

Danie Botha, ‘n gospelsanger wat ook bekend staan as die ‘singende prediker’ sal die aand as gaskunstenaar optree. Hy tree al byna 20 jaar landswyd op. Die Con Spirito koor van Hoërskool Florida sal in die voorprogram optree.

Na die tyd kan gaste verversings geniet en lekker saam kuier.

Die ATKV Quellerina streef daarna om terug te ploeg in die gemeenskap, en die wins wat gemaak word met hierdie program sal gelykop verdeel word tussen Ons Huis tehuis vir bejaardes en die NG Kerk Quellerina se eie ontwikkelingsprogram in Claremont.

Kaartjies beloop R70 per persoon. Vir kaartjies, kontak Dirk by 011 673 3786 of 082 352 0839 of Janna by 083 352 0839.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button