Local newsNews

Gevalle boom ‘n gevaar in Van Santenstraat

Nog skade deur wind en weer aangerig.

Volgens inwoners van Van Stadenstraat het die geknetter en gekraak soos ‘n bom geklink.

Dit was egter een van die bome in die laning reg teen die muur wat as Westgate se grens dien, wat deur die aanhoudende reën en wind uiteindelik die aftog geblaas het.

Met die omval het die boom op ‘n kragdraad beland maar dié het verbasend genoeg nie gebreek nie, dus is die kragdraad al wat die val van die boom nou keer.

Dit hou ‘n potensiële gevaar in vir motoriste, voetgangers en fietsryers aangesien die gevalle boom wat teen die kragdraad rus op ‘n steil afrdraende staan. Sou die kragdraad breek, sal dit afgly na die pad.

‘n Inwoner wat ingebel het het bevestig dat sy dit by die polisie aangemeld het. City Power en City Parks is egter die korrekte departemente om in hierdie geval te kontak.

Inwoners wat die pad gebruik moet maar katvoet loop en die publiek is welkom om die Record te skakel met ander weerverwante probleme.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button