Latest SportSportUpdate

GLRU maak alle klubrugbywedstryde vir 2014-seisoen bekend

Poorte in aksie vanaf 8 Maart.

Roodepoort — Die Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) het al wat ‘n klubrugbywedstryd vir die hele 2014-seisoen bekendgemaak.

Dit sluit alle wedstryde vir die komende Pirates Groot Uitdaag- en Assupol-reeks, asook die Cell C Gemeenskapsbeker in.

Roodepoort Rugbyklub, of Poorte soos hulle plaaslik bekend staan, skop hul seisoen amptelik op Saterdag 8 Maart op eie bodem af wanneer die Assupol- en die Gemeenskapsbeker-reekse begin.

Alhoewel die eerstespan nie ‘n verskyning maak in vanjaar se Assupol-reeks nie omdat die Gemeenskapsbeker ook dieselfde tyd begin, sal die tweedespan (Sables) wel in hul plek oorlog voer.

Sables skop daardie dag eerste hul Assupol-veldtog teen Kempton Wolwe af terwyl die eerstespan bietjie later, om 4nm met Bloemfontein Crusaders gaan koppe stamp.

Die aksie sal vir albei spanne die daaropvolgende naweke in Maart voortgesit word. Sables pak Rustenburg Impala weer by die huis op 15 Maart en die eerstespan pak vir Welkom weg van die huis af. Op 22 Maart sal die Sables Oos-Rand toe vertrek vir hul laaste kragmeting in die groep teen Brakpan, terwyl die eerstespan in Welkom, dié keer met die Welkom Rovers moet kragte meet.

Die eerstespan sal op 29 Maart terug by die huis wees vir hulle groot en belangrikste kragmeting teen Jonsson College Rovers. Indien Sables kwalifiseer vir die uitkloprondte sal hulle dié dag en op 5 April op Loftus Versfeld in aksie wees.

Op 5 April het die eerstespan ‘n loslooitjie en indien hul gekwalifiseer het, sal hulle daarna George toe vertrek vir die uitkloprondte wat op 17 April begin.

Roodepoort Rugbyklub se Pirates Groot Uitdaagreeks-veldtog skop eers op Saterdag 3 Mei by die huis teen Raiders af. Dié reeks eindig eers vroeg in Augustus.

 

Related Articles

Back to top button