NewsSchoolsUpdate

Roodies in sewende hemel oor nuwe tegniese afdeling

"Adjunkhoof se passie vir onderwys het alles moontlik gemaak," sê hoof.

Hoof van Hoërskool Roodepoort, Munnick van der Merwe het sy adjunk, Piet Crous geloof vir sy geweldige bydrae tot ‘n nuwe hoofstuk in die skool se geskiedenis en gesê dat Piet die nuwe tegniese afdeling moontlik gemaak het.

Die nuwe vak, Meganiese Tegnologie, wat tans by Hoërskool Roodepoort aangebied word het leerlinge omtrent ‘n nuwe lus gegee om skool te gaan.

Op Maandag 17 Februarie was die Record uitgenooi om die bykans 13 leerlinge wat tans die vak neem, met allerhande spoggerige gereedskap in die hand en in aksie te sien.

Volgens die skool was dit adjunkhoof Piet se geweldige passie vir onderwys wat alles moontlik gemaak het.

“Piet het vier jaar gelede met die blink idee vorendag gekom om ons tegniese afdeling uit te brei. Terwyl min geglo het hy sou dit regkry het hy almal verkeerd bewys,” het Munnick gesê.

Die klas waar die vak aangebied word en wat eens ‘n stoorkamer was, is byna R500 000 later omskep in ‘n netjiese werkswinkel. ‘n Amptelike opedag is op Donderdag 6 Februarie deur Roodies, ouers, verteenwoordigers van die Department van Onderwys asook borge bygewoon.

Vir die volledige storie, lees die volgende uitgawe van Roodepoort Record.

 

Roodie-leerlinge luister terwyl Piet die vak meganiese tegnologie aanbied.
Roodie-leerlinge luister terwyl Piet die vak meganiese tegnologie aanbied.
Van die gereedskap tot Roodies se beskikking.
Van die gereedskap tot Roodies se beskikking.
Van die gereedskap tot Roodies se beskikking.
Van die gereedskap tot Roodies se beskikking.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button