‘n Bielie van ‘n sinkgat het op 3 Februarie op die sypaadjie voor Quelleriestraat 33 ingesak.
Die Record het die gat wat reg voor die inrit van die huis is, gemeet en gevind dat dit ‘n goeie twee meter in deursnit is.
Volgens die huiseienaar Nombuso Motsoneng het die munisipaliteit dadelik die gat kom afsper maar hulle kon dit nie opvul nie aangesien hulle eers moet vasstel hoe stabiel die grond in die omgewing van die gat is, en of die grond dalk elders kan meegee.
Inwoners in die omgewing moet veral kinders wat die roete stap waarsku om liefs nie nuuskierig te wees en dit naby die afgesperde gedeelte te waag nie aangesien daar nie sekerheid is oor hoe stabiel die rand van die gat is nie. Dieselfde geld vir troeteldiere en dié wat daar verbystap met hulle honde.



