NewsSchools

Bastion-groentjies doen dit Alice in Wonderland-styl

Groentjiekonsert om graad 8's van 2014 te verwelkom was puik.

Hoërskool Bastion het hul nuwe Graad 8-groep vir 2014 op die oulikste manier verwelkom.

Elke jaar word honderde Graad 8’s in skole ingewy en amptelik verwelkom deur middel van ‘n groentjiekonsert. Vanjaar het Bastion hulself oortref met die tema en seker ook die tweede langste woord ter wêreld, ‘Finding-smurf-a-monster-mini-loompa’s-in-Hotel-Transylvania’.

Volgens die skool se bemarker, Melitta Geyser handel die konsert oor iets soortgelyk aan die bekende Walt Disney se klassieke rolprent Alice in Wonderland.

“Ons konsert gaan ook oor ‘n dogtertjie maar een wat op soek is na ‘n skool. Gedurende haar avontuur beland sy op verskillende interessante plekke en ontmoet allerhande karakters. Op die ou einde kom sy by Bastion uit,” sê Melitta.

Karakters het natuurlik Willy Wonka en Oompa Loompa’s van Charlie and the Chocolate Factory, die Smurfette asook die verskriklik snaakse en dierbare geel mannetjies van Despicable Me, die Minions ingesluit.

Daar was drie vertonings in totaal. Die eerste was spesifiek vir die ouer garde, ‘n tweede was oop vir die publiek en ‘n derde vertoning, die gala-aand op Donderdag 30 Januarie was spesifiek bedoel vir gaste asook die publiek.

Melitta het bygevoeg dat “mense die vertonings vreeslik geniet het” en het die konsert as “puik” beskryf.

Alhoewel sy haar nie oor die aantal Graad 8-leerlinge wou uitlaat nie, het sy bevestig dat meer Graad 8’s in 2014 as verlede jaar by Bastion aangesluit het.

“Hulle almal lyk na ‘n lewendige klompie en het gewys wat in hulle steek. Ons verwag groot dinge van hulle in die toekoms.”

 

Leerlinge tydens die toneelstuk, Smurfs. Foto:Jacobus Myburgh
Leerlinge tydens die toneelstuk, Smurfs. Foto:Jacobus Myburgh
Leerlinge dans en spring in die toneelstuk, Minion Remix. Foto:Jacobus Myburgh
Leerlinge dans en spring in die toneelstuk, Minion Remix. Foto:Jacobus Myburgh
Die toneelstuk, Haak 'n Bietjie uit. Foto:Jacobus Myburgh
Die toneelstuk, Haak ‘n Bietjie uit. Foto:Jacobus Myburgh

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button