Inwoners van Koedoebessielaan in Helderkruin mor oor ‘n huis wat nou al ‘n geruime tyd ‘n seer oog is.
In dié straat is letterlik elke erf se tuin eksieperfeksie behalwe die omstrede eiendom. Op die sypaadjie voor die huis lyk dit soos ‘n ashoop van al die afvalboumateriaal.
‘n Paar jaar gelede het die huis ook erg brandskade opgedoen nadat dwemhandelaars wat die huis gehuur het se dwelmvevaardigingslabratorium na bewering ontplof het.
Hierna is die huis beset deur tot soveel as 30 plakkers met tye. Saam met die plakkers het misdaad in die straat ook die hoogte ingeskiet.
Die Record het met die eienares gaan gesels wat tans in die buitekamer bly terwyl die bouers besig is. Sy was vriendelik en het verduidelik dat sy wag tot die bouery klaar is voordat sy die bourommel laat verwyder.
Die bure mag dalk nie gelukkig wees met die besluit nie maar volgens JMPD (wat moet toesien dat munispale ordonansies nagekom word) woordvoerder Wayne Minnar is daar geen tydsbeperking op hoe lank die rommel op die sypaadjie mag lê nie, mits bouwerk steeds aan die gang is.



