Een van Roodepoort se oudste besighede, Beth’s Pawn Shop in Burgerstraat, is gisteroggend, 16 Januarie, omstreeks 9vm deur vier gewapende mans beroof.
Klante het platgeval en wegggekruip vir die rowers wat deur die eienaar Attie Graham as professioneel beskryf is.
Een van die rowers het ‘n werknemer, Jan Koekemoer, met ‘n vuurwapen na die kamertjie gedwing waar die kassiere sit. (Graham se skoonma was onder andere in die kamertjie.) Die kassiere het sonder protes die R5 000 kontant aan hom oorhandig.
Hierna het die vier mans in ‘n blou Honda Ballade in ‘n eenrigtingstraat op gevlug.
Een van die sekuriteitswagte, Pieter “Oom Piet” van der Berg (67) was ook erg getraumatiseer deur die voorval.
Volgens Graham is dit die eerste keer dat so iets met hulle gebeur in die 25 jaar wat hy die besigheid besit. Beth’s bestaan al 70 jaar.




