Nege onderwysers is vir die 2014 akademiese jaar by Laerskool Helderkruin verwelkom.
Isobel Mitchley, woordvoerder van die skool vertel, “Elkeen van hierdie personeel het ‘n mentor ontvang sodat ons verseker dat geen onderwyser by Helderkruin oorweldig voel nie en om te help dat hulle alle aspekte van die onderwys leer ken op ‘n begeleidende manier.
“Helderkruin poog om uitstekende akademiese standaarde te handhaaf en daarom deel die senior onderwysers hulle kennis en ervaring met die nuwe personeel.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



