Editor's choiceLocal newsNews

Kabeldiewe gee inwoners hoofbrekens

Voeg kabeldiewe, honde wat vergiftig word en nonchalante diensleweraars bymekaar en jy het ‘n resep vir ‘n frustrerende ramp. Dit is waarmee inwoners van Roodepoort-Wes, in die area omliggend van die veld op die hoek van Stokoe- en Meyerstraat al ‘n jaar mee sit. Volgens Leslie Prince en Tyrone Dick het kabeldiewe se konstante stelery …

Voeg kabeldiewe, honde wat vergiftig word en nonchalante diensleweraars bymekaar en jy het ‘n resep vir ‘n frustrerende ramp.

Dit is waarmee inwoners van Roodepoort-Wes, in die area omliggend van die veld op die hoek van Stokoe- en Meyerstraat al ‘n jaar mee sit.

Volgens Leslie Prince en Tyrone Dick het kabeldiewe se konstante stelery van oorhoofse elektriese kabels daartoe gelei dat City Power die kabels verwyder het en dit van een paal na die volgende ondergronds aangelê het. Dit sou dalk effektief wees indien die kabels dieper gelê is en die slote toegegooi is. Iets wat blykbaar City Power se kontrakteurs ontsnap het. Dit is nou egter net makliker vir die diewe om die kabels te bereik.

Op 11 Desember is die kabels weer gesteel, sowel as op 30 Desember wat daartoe gelei het dat die omgekrapte inwoners en hulle bure beide Oujaarsdag sowel as Nuwejaarsdag sonder krag moes deurbring. Die kabels is wel weer laat op nuwejaarsdag gekoppel.

Op Vrydag 3 Januarie teen ongeveer 2vm moes Dick egter weereens krimiminele by die oop kabels verwilder.

So moeg van die sondes is Dick, dat hy en ‘n ander buurman self al ‘n groot deel van die slote met grond en sement toegegooi het.

Met die Record se besoek op 8 Januarie het daar ‘n patroleervoertuig van ene Linda Sekuriteit gestop om te kom ondersoek instel na die bedrywighede van die Record en die klaers op die toneel.

Volgens hulle is hulle deur City Power aangestel om spesifiek net op die uitkyk te wees vir elektrisiteitverwante misdade maar Prince sê dat dit die eerste keer is wat hy hulle sien, alhoewel die sekuriteit maatskappy daarop aanspraak maak dat hulle al die afgelope jaar beide Roodepoort en Florida patroleer.

‘n Verdere probleem is die feit dat City Parks nooit die stuk veld se gras sny nie wat die diewe ‘n goeie wegkruipplek gee en glo in die aand dien as die ideale ligging vir Stokoestraat se sekswerkers om hulle ‘ding te kom doen’.

Dick sê dat die diewe al vier van die bure se honde met die bekende two-step vergiftig het sodat hulle nie alarm kan maak wanneer die kabels gesteel word nie.

City Parks het wel op 7 Januarie die straatlig met ‘n sterker 270W lamp vervang wat darem die veld beter belig, maar die eintlike probleem het hulle nie aangespreek nie. Verder brand die straatlig glo nou 24 uur ‘n dag.

Dick en Prince sê ook dat hulle nie veel samewerking van hulle raadslid, Marianne Kemp gekry het nie. Kemp aan die ander kant sê dat sy wel met City Power in verbinding was maar nie bewus is dat dit ondergrondse kabels is wat gesteel word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button