Editor's choiceLocal newsNews

Gedenkfontein onnadenkend toegegooi

Veral inwoners van Roodepoort wat al sedert die 70’s en selfs vroeër hier woon, sal ontsteld wees oor die spuitfontein by die Roodepoort Burgersentrum. Soos die Record op Vrydag 29 November self gesien het, is konstruksiewerkers besig om dié spuitfontein, eintlik ‘n monument, op te vul. Hierdie nuus het die Record-kantoor vroeër Vrydag bereik toe …

Veral inwoners van Roodepoort wat al sedert die 70’s en selfs vroeër hier woon, sal ontsteld wees oor die spuitfontein by die Roodepoort Burgersentrum.

Soos die Record op Vrydag 29 November self gesien het, is konstruksiewerkers besig om dié spuitfontein, eintlik ‘n monument, op te vul.

Hierdie nuus het die Record-kantoor vroeër Vrydag bereik toe ‘n ontstelde inwoner sy griewe oor die situasie gelug het.

“Dit is nie die munisipaliteit of selfs die regering se spuitfontein daardie nie. Dit is ons eie, die Roodepoort-gemeenskap se spuitfontein.

“Hierdie spuitfontein is opgerig ter nagedagtenis aan gesneuwelde lede van die Suid-Afrikaanse Veiligheidsmagte wie se name op die ererol verskyn.”

Daar staan op die plaatjie by die fontein, wat van die burgersentrumstoep af sigbaar is, dat dié fontein ter nagedagtenis opgerig is

Die inwoner het veral ‘n probleem daarmee dat die gemeenskap nie in kennis gestel is of vir hul insette gevra is oor die toekoms van die fontein nie.

Tydens die Record se navrae het dit aan die lig gekom dat die fontein vir die munisipaliteit te veel geword het om te onderhou.

Dit lyk of die werkers van die betrokke konstruksiemaatskappy, wat vertel dat hulle al ‘n week op die perseel besig is, die fontein gaan opvul om tuin te maak.

Hoewel meeste werknemers in die gebou nie kon sê wat die betekenis van die fontein is nie, sê ‘n ander werknemer dat die fontein deel van die oorspronklike argitektuur uitmaak.

Hy het die Record na ‘n fasiliteitebestuurder verwys wat nie Vrydag beskikbaar was vir kommentaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button