MunicipalNews

Stroomop om pyp te herstel

Inwoner dankbaar teenoor raadslid vir haar bydrae om probleem op te los.

Omstreeks 6nm op 26 November het Mauritz van Niekerk van Maimestraat, Roodekrans, onraad gemerk toe water van onder die plaveisel in sy inrit begin deursyfer het.

Die probleem het spoedig vererger en Van Niekerk het besef dat die straat se hoofwaterpyp reg onder sy inrit gebars het. Terwyl duisende liter water die straat begin afstroom het, het hy die probleem by Joburg Water aangemeld, maar tervergeefs.

Gedurende die dag van 27 November het hy dit herhaaldelik aan Joburg Water gerapporteer en toe sy vrou teen 1nm laat weet dat die plaveisel besig is om in te sak, het hy ook vir raadslid Suzanne Clarke gekontak.

Clarke het ook die probleem herhaaldelik geëskaleer maar steeds het niks daarvan gekom nie. Teen 5nm kon Van Niekerk en sy vrou nie meer hulle voertuie by die erf in- of uitkry nie. Van Niekerk het toe die Record uit desperaatheid geskakel, wat weereens vir Clarke gekontak het.

Clarke het ook weer Joburg Water aangevat en teen 6.30nm het ‘n span van Joburg Water opgedaag en onder toesig van Clarke die pyp herstel.

Joburg Water het onderneem om ook die plaveisel te herstel.

Van Niekerk het sy dankbaarheid teenoor Clarke en Joburg Water uitgespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button