Kos is by die sakke vol deur Kruiners en hul ouers ingesamel om Swannie se Sopkombuis in Newlands, Johannesburg te ondersteun.
Isobel Mitchley van die skool sê, “Elke klas van Graad R tot 7 samel spesifiek bederfbare kos soos meel, blikkieskos, pap en koeldrank in. Dit word aan die einde van elke kwartaal by die sopkombuis afgelaai sodat die kinders kos het vir die vakansie.
“Hierdie keer is ‘n hele bakkievrag vol kos ingesamel.
“Ons wil baie dankie sê aan al ons wonderlike ouers en kinders wat ons so getrou ondersteun met al die kos en klere vir die sopkombuis. Dit word opreg waardeer en dit is vir elke Kruiner ‘n voorreg om te kan gee.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



