School sportSport

Huissporttradisie by Kruiners steeds dieselfde na 20 jaar

Kleurvolle tema van voëls nou nog daar.

Na 20 jaar bly Laerskool Helderkruin se huissport steeds ‘n kleurvolle okkasie deurdat die onderskeie spanne die vier tradisionele groepe voëls se name het.

En dit word net kleurvoller en prettiger. Elke jaar, net so voor die nuwe jaar word ‘n Interhuis-byeenkoms vir die leerlinge aangebied om te kyk wat volgende jaar op atletiekgebied van hulle verwag kan word.

Of jy wil deelneem of nie, elke leerling word in een van die vier tradisionele spanne met die name suikerbekkies (groen), swaeltjies (rooi), loeries (blou) en bokmakieries (geel) ingedeel.

Atletiekitems waaraan leerlinge kon deelneem strek van aflos, hoogspring, verspring, naellope, gewigstoot tot spiesgooi.

Volgens Isobel Mitchley is dit steeds wonderlik om so ‘n tradisie onder Kruiners te hê.

“Is dit nie heerlik om nog soos ‘n kind te kan hardloop vir die pret en nog die lewe te geniet nie? Laerskool Helderkruin se Interhuis is die geleentheid waar elke leerling die geleentheid kry om deel te neem.

“Ons hardloop in verskeie lopies. Dit gee elke deelnemer die kans om met sy eie sterkte kragte te meet.

“Die entoesiasme was voelbaar en die feestelike atmosfeer het die atlete aangemoedig om hul beste te lewer. Geluk aan die deelnemers wat baie goed presteer het.”

Related Articles

Back to top button