Daar het groot opgewondenheid onder inwoners geheers toe JRA sowat vier maande gelede strate in die omgewing begin teer en verf het.
Maar vir die tweede maal in soveel maande blyk dit dat iets skort met die beplanning van die projekte.
Eers was daar die kwessie dat verkeersstrepe geverf is kort voor Ouklipweg geteer is en oorgeverf moes word net nadat dit geteer is, en nou was daar ‘n soortgelyke blaps by die kruising van Ouklipweg en CR Swartrylaan.
In die afgelope week is Ouklipweg om die een of ander duister rede weereens by die kruising oopgekap. Dit wou voorkom of daar moontlik ‘n kabel gelê moes word.
Vrae wat nou gevra word is wat kos sulke swak beplande projekte die belastingbetaler en hoeveel ekstra beland in die sakke van kontrakteurs wat dieselfde taak twee maal moet doen omdat daar nie beplanning was nie?



